Guillermo del Toro

Guillermo del Toro
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Del Toro in 2015.

Geboortenaam Guillermo del Toro Gómez[1]
Geboorte 9 Oktober 1964 (1964-10-09)
Guadalajara, Jalisco, Mexiko
Beroep(e) Regisseur, vervaardiger, skrywer
Aktiewe jare 1985–tans
Handtekening Guillermo del Toro signature.svg
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Guillermo del Toro Gómez (gebore 9 Oktober 1964) is ’n Mexikaans-Amerikaanse regisseur, vervaardiger en skrywer. In sy rolprentloopbaan wissel Del Toro tussen Spaanse donkerfantasiewerke, soos die gotiese rilfliek The Devil's Backbone (2001) en Pan's Labyrinth (2006), en Amerikaanse hoofstroom-aksieflieks soos die superheld-aksieprente Blade II (2002), Hellboy (2004) en Hellboy II: The Golden Army (2008) en die wetenskapsfiksie-monsterprent Pacific Rim (2013).

Sy jongste fliek, The Shape of Water (2017), is goed ontvang – dit het ’n Goue Leeu op die 74ste Venesiese Rolprentfees gewen asook twee pryse op die 75ste Golden Globe-toekenningsaand, insluitende vir hom as beste regisseur. Dit is die prent wat vanjaar vir die meeste Golden Globes benoem was: altesaam sewe.

  1. "Guillermo del Toro cumple 48 años en espera de El Hobbit". Informador (in Spaans). 8 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2017. Besoek op 26 November 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search